Angelina, die regisseur van die fliek Unbroken, het vroeër vandeesmaand die geleentheid alleen bygewoon.

Brad se eksvrou, Jennifer Aniston, was ook daar en, luidens ’n nuwe berig, het Angie (39) Brad omtrent by die huis uitgetrap.

“Angie het hom ’n lafaard genoem,” het ’n bron aan Life & Style vertel. “Toe hy haar probeer troos, het sy hom weggestoot en gesê: ‘Moenie aan my vat nie.’”

Die prysaand op 15 Januarie was die eerste keer dat die aktrises dieselfde geleentheid bygewoon het sedert die Oscars in 2009. Hoewel hulle mekaar nie raakgeloop het nie, was Brad glo glad nie beïndruk daardeur toe sy vrou hom met haar terugkeer uittrap nie.

“Hy’t uit die vertrek gestorm, ’n paar persoonlike besittings in ’n sak gepak en vertrek,” vertel die bron.

Brad (51) was vanaf 2000 en 2005 getroud met Jennifer, wat in die fliek Cake speel. Hy en Angelina het verlede jaar, omring deur hul ses kinders, getrou.

Te midde van die gerugte dat daar spanning tussen die pasgetroudes is, het Jennifer onlangs oor haar eksman en haar frustrasie met die alewige berigte oor vyandigheid tussen hulle gepraat.

“Ek dink dis besig om ’n stadige dood te sterf,” het sy aan ET Online oor die beweerde wedywering tussen hulle gesê, en Angelina se onlangse werk aan Unbroken geloof.

“Die fliek is so mooi en wonderlik en sy’t goeie werk gedoen. Ek dink dis hoogtyd dat mense ophou met die onbenullighede en net goeie werk vier. Dis afgesaag en oud. Dis soos ’n ou leerskoen. Kom ons koop ’n nuwe paar blink skoene.”

© Cover Media