Kate Elizabeth Prichard (25) van Tennessee, Amerika, het duidelik nie so gedink nie! Sy het dit as die ideale geleentheid gesien om ’n pistool na haar man, James Jarid Burton (30), se gesig te rig. En dit op hul troudag!

Pleks daarvan om die eerste nag met haar man deur te bring, moes Kate in ’n polisiewa klim, trourok en al!

Dit het alles begin toe Kate en James ’n vurige argument met mekaar gehad het buite ’n motel. Luidens berigte het sy ewe skielik ’n 9 mm-pistool onder haar trourok uitgehaal, na sy gesig gerig en die sneller getrek. 

Gelukkig was daar geen patrone in die pistool nie, maar Kate het glo later die pistool gelaai en daarna ’n skoot in die lug afgevuur. Ooggetuies was so geskok dat hulle die polisie ontbied het. 

Volgens Daily Mail wou die paartjie nie met die polisie saamwerk nie en het hulle alles ontken. Maar ooggetuies sing ’n ander deuntjie. Die pasgetroude paartjie het glo buite die motel gedrink én gestry. 

Kate het na bewering die pistool in die badkamer weggesteek voordat die polisie opgedaag het.

"Beamptes het die man laat weet dat hul wittebrood verby is en sy vrou tronk toe gaan," sê Kyle Evans, polisiebeampte van die Murfreesboro-gebied, aan News Channel 5

Sy is aangekla van gesinsgeweld met verswarende omstandighede en later op borgtog vrygelaat. 

Bronne: Daily Mail, BBC, News Channel 5, Myfox8.com