Dit het gewoel in die Laan - met Vince (Jacques Blignaut) en Bonita (Hildegardt Whites) se troue. Daar was natuurlik moleste tussen Matrone en Hilda, kommer oor die onaansienlike gemeenskapsaal en hoe daar met min geld 'n heerlike troue gehou kan word.

Maar teen hierdie tyd weet ons mos 7de Laan se mense is vindigryk en altyd daar om mekaar te help. . .

Alet van Zyl het die 'troue' bygewoon en deel heerlike agter-die-skerms oomblikke in die Huisgenoot van 13 Oktober 2011.