Groot was hul verbasing toe hul twee papegaaie binne die huis vind.

Die brandweer is na ‘n huis in Idaho in die VSA ontbied na dit Vrydagaand aan die brand geslaan het.

Die eienaars was nie in die huis nie, maar toe brandweermanne die hulpkrete hoor, het hulle die twee verskrikte pappagaaie binne in die huis gevind.

Altwee voëls het suurstof ontvang en veeartse verwag dat hulle volkome sal herstel.

Bronne: nbcnews.com; mirror.co.uk