Daar is niks so frustrerend soos ’n gehik nie, behalwe miskien as jou kind hik en nie kan ophou kla daaroor nie.

Een van ons SuperMa’s het hulp gevra en dit is wat ons uitgevind het.

-        Een van die oudste rate is om jou asem so lank moontlik in te hou. Probeer dit; dit werk net dalk.

-        Laat hulle water drink. Die sluk-aksie help hul keel ontspan en kan die gehik laat ophou.

-        Druk ook hul ore toe terwyl hulle water drink.

-        Party mense glo jy moet jou hande bak oor jou mond hou en ’n paar keer in- en uitasem.

-        Laat jou kinders in ’n papiersak in- en uitasem.

-        Kinders sal dol wees oor hierdie wenk! Laat hulle ’n lepel suiker insluk. Party mense glo die soet smaak verander jou diafragma se ritme, wat op sy beurt die gehik kan verlig.

Bronne: readersdigest.ca, naturalnews.com, besthealthmag.ca