Hulle noem dit ’n oorwurm. Die afgelope week het die omroeper Ryan O’Connor op 94.5 Kfm se ontbytprogram gesê Miley Cyrus se liedjie Wrecking Ball is die grootste oorwurm wat daar is.

Ons het ’n paar omroepers gevra watter ander liedjies hulle dink oorwurms is en wat jy moontlik daaraan kan doen.

Johnny Davids (Bok Radio 98.9 FM)

  • Dinge van Andriëtte
  • Soos Bloed van Theuns Jordaan
  • Kaptein van Kurt Darren

Hy beveel aan dat jy onmiddellik na ’n ander liedjie te luister.

Tracey Lange (Smile 90.4 FM)

  • Kaptein van Kurt Darren
  • Baby Tjoklits van Gerhard Steyn
  • Pienk Champagne van Monique

“Ek dink die elemente van ’n ‘suksesvolle’ oorwurm is maklike lirieke en ’n wysie wat jy nie kan ignoreer nie.”

Sy glo die beste manier om van ’n oorwurm ontslae te raak is om na iets anders te luister – tot dit ook ’n oorwurm word.

Heinrich du Plooy (Bok Radio 98.9 FM)

  • Do You Speak English van Burger le Roux en Karen Ferreira
  • Wrecking Ball van Miley Cyrus
  • Heidi van Kurt Darren

Volgens hom moet die liedjie “catchy” elemente hê om seker te maak dit bly in jou kop draai. “Die enigste manier om van ’n oorwurm ontslae te raak is om dit kliphard in die ateljee te speel en uit volle bors te sing. As dit nie werk nie, doen jy dit weer.”