Toe Jasmin Britney nege jaar oud was, is sy deur ’n motor raakgery. Haar rugmurg is in die ongeluk beskadig en sedertdien is sy van haar ken af ondertoe verlam.

[caption id="attachment_124232" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Jasmin is van haar ken af ondertoe verlam. Foto: Facebook[/caption]

As kind het sy in die “donkerste tyd” van haar lewe vertroosting gevind in haar heldinne, Barbie en Britney Spears, en nou wy die jong vrou van Helsinki in Finland (nou 26) haar lewe daaraan om nes hulle te lyk.

[caption id="attachment_124233" align="alignnone" width="600"]Jasmin het die afgelope twee jaar al sowat R165 000 aan grimering, haarstilering, klere en skoene bestee. Foto: Facebook Jasmin het die afgelope twee jaar al sowat R165 000 aan grimering, haarstilering, klere en skoene bestee. Foto: Facebook[/caption]

“Sedert die ongeluk kan ek nie beweeg nie, maar dit keer my nie om voluit te leef nie. Ek kan byvoorbeeld nou as die enigste kwadrupleeg-ewebeeld van Barbie en Britney ter wêreld poseer,” het die model, wat selfs haar van ter ere van haar gunstelingpopster verander het, aan MailOnline gesê.

“Die pop en sangeres is my ikone en het my deur van my donkerste tye gehelp. Nou wy ek my lewe daaraan om soos hulle te lyk.”

[caption id="attachment_124234" align="alignnone" width="599"]Omdat die spiere in haar bene en arms nie goed ontwikkel het nie, weeg sy ’n skrale 36 kg. Foto: Facebook Omdat die spiere in haar bene en arms nie goed ontwikkel het nie, weeg sy ’n skrale 36 kg. Foto: Facebook[/caption]

Die student in toegepaste wiskunde aan die Helsinki Metropolitaanse Universiteit trek ook graag soos Disney-karakters aan en het die afgelope twee jaar al sowat R165 000 aan grimering, haarstilering, klere en skoene bestee. “Mense dink dis gek dat ’n kwadrupleeg hoëhakskoene dra. Maar hoekom nie? Ek wil wonderlik lyk.”

Lees ook: Sy lyk soos Angelina Jolie, maar die liefde ontwyk haar

Jasmine sê al die geld en energie wat sy aan haar voorkoms wy, is die moeite werd. “Dit het my selfvertroue gegee om by my innerlike Barbie en sprokiesprinses aansluiting te vind. Ek het besluit om foto’s te neem en dit aanlyn te plaas. Die reaksie was oorweldigend.

[caption id="attachment_124235" align="alignnone" width="600"]Jasmine, wat eendag skoene wil ontwerp, glo vas sy sal eendag weer kan loop. Foto: Facebook Jasmine, wat eendag skoene wil ontwerp, glo vas sy sal eendag weer kan loop. Foto: Facebook[/caption]

“Honderde mense het aangedui hulle hou daarvan en mense het my oor my voorkoms en moed gekomplimenteer. Ek plaas my foto’s aanlyn om ander mense te inspireer wat ’n rugmurgbesering het of met ’n verlammende toestand saamleef.”

Omdat die spiere in haar arms en bene nie goed ontwikkel is nie, weeg sy net 36 kg. Jasmine sê wanneer sy bedags van die universiteit af by die huis kom, kry sy dikwels te koud en is sy te moeg om enigiets anders te doen.

Jasmine het ’n assistent, Henriikka Emilia, wat haar met haar dagtake help. Sy staan Jasmine al die afgelope twee jaar by en Jasmine sê sy is vir haar soos ’n suster.

“Dis Henriikka se werk om my te help bad, my buise om te ruil, my toilet toe te help en, ja, wanneer ek my maandstonde het, my daarmee te help. Dis my ‘normaal’,” verduidelik sy. Henriikka help Jasmine ook wanneer sy haar wil optof, wat Jasmine sê haar help om weer mooi te voel.

[caption id="attachment_124236" align="alignnone" width="390"]Jasmine versamel nou ontwerperskoene, onder meer Christian Louboutins. Foto: Facebook Jasmine versamel nou ontwerperskoene, onder meer Christian Louboutins. Foto: Facebook
[/caption]

“Net nadat ek beseer is, het ek begin voel ek kan nie meer aantreklik wees nie. Hoe ouer ek geraak het, hoe meer het ek aan myself getwyfel. Die rasionele kant van my verstaan of ek kan loop of nie definieer my nie as mens nie en my verlamming maak my nie minder mooi nie.”

Jasmine, wat eendag skoene wil ontwerp, glo steeds sy sal eendag kan loop. “Ek het ontwerperskoene begin versamel, onder meer Christian Louboutins, en het agt pare ontwerperskoene met hemelhoë hakke. Dit is soos Aspoestertjie se glasskoen en vir my ’n teken dat daar eendag ’n deurbraak sal wees en ek weer sal kan loop.”

Bronne: facebook.com/jasmin.koskiranta, dailymail.co.uk, thesun.co.uk

Lees ook op Huisgenoot.com:

Dis wat sal help om daai kankerstokkie vir goed dood te druk

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!

Waarskuwing: Nog wilde weervooruitsigte vir die Kaap

O Vet! Bertha le Roux is klaar met dieetfoefies, aanvaar sy ‘sal nooit rietskraal wees’