Die voorval het kort na vyfuur Sondagmiddag in Centurion plaasgevind.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, het gesê dat iemand besig was om noodhulp op hom toe te pas toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Daar kon egter niks meer vir Mark gedoen word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Mark, ’n inigtingstegnologie-besigheidsman, het onlangs van Kaapstad na Centurion verhuis. Om te kon vlieg, was duidelik een van sy groot passies.

Op 7 Februarie het Mark nog vir ’n vriend laat weet dat hy vir hom video’s sal stuur van die eerste twee keer wat hy opgestyg het.

Huldeblyke aan Mark