Sy agent het aan The Hollywood Reporter bevestig die grapjas het nie gereageer toe hy Vrydag by sy huis in Forestburgh, New York, gevind is nie. 'n Lykskouing moet nog plaasvind. Intussen het verskeie Hollywoodsterre na vore gekom om hulde te bring aan die lewe en werk van Kevin, wat veral bekend was vir sy werk in die 1990's sitkom Uncle Buck. Die regisseur van Knocked Up, Judd Apatow, het op Twitter geskryf "Kevin Meaney was so snaaks as wat kan wees en ook die vriendelikste mens. Hy kon jou so laat lag het, dat jy kop verloor. Hy was 'n baie spesiale mens." NSYNC-ster Lance Bass, wat saam met Kevin in die Broadway musiekblyspel Hairspray verskyn het, het 'n pragtige foto van die ontslape komediant op Instagram gedeel met die roerende opskrif: "Ek is platgeslaan oor die verlies van een van my gunsteling-mense! Kevin Meaney was 'n ongelooflike pa en 'n dekselse goeie komediant. Dankie vir al die grappies, my vriend."

Die komediant en aktrise Kathy Griffin het ook haar eer betoon. Sy het vir 'n tyd lank met Kevin uitgegaan voodat hy in 2008 erken het hy is gay. "Ek was gek oor Kevin! Ons het uitgegaan (ja, ek weet). Hy was die snaakste en oulikste mens. En ons het gelag! Rus in vrede," was haar woorde. "Ek het altyd gedink Kevin Meaney was 'n briljante komediant," het 'n mede-grapjas Patton Oswalt op Twitter gedeel. "En toe spandeer ons tyd saam in Ierland en ek kom agter hy is ook 'n fantastiese persoon. Rus in vrede."

Kat Dennings, die ster van die Amerikaanse komediereeks 2 Broke Girls, het haar droefheid by die onverwagse afsterwe van die komediant uigespreek. "Kevin Meaney was in ons reeks en hy was die mooiste man. So snaaks en soet en onvergeetlik. Ek is so hartseer. Rus in vrede."

Kevin was 'n gereelde gesig op verhoeë en het vir meer as 25 jaar op programme soos The Tonight Show met Johnny Carson, die Late Show met David Letterman, Oprah en Late Night met Conan O'Brien, verskyn.

Hy was ook te sien in die Tom Hanks-fliek Big. Hy was twee keer getroud en het 'n dogter saam met sy tweede vrou, die televisie vervaardiger Mary Ann Halford.

© Cover Media