So het die goewerneur van Ohio, George R. Kasich op die afsterwe van Nancy Reagan (93) reageer. Sy het op Saterdag, 6 Maart 2016 aan hartversaking gesterf.

“Sonder Nancy sou daar nooit 'n president Reagan gewees het nie," het Michael Deaver, wat geruime tyd een van hul assistente was, gesê.

Net soos haar man, Ronald, het Nancy ook rondom 1940 tot laat in die 1950's haar buiging op die silwerdoek gemaak.

Ronald Reagan was die veertigste president van Amerika en hy en Nancy het van 20 Januarie 1981 tot 20 January 1989 die Wit Huis hul tuiste genoem.

Ongeag die politieke woelinge, was Nancy en Ronald se liefdesverhaal een wat mense aangegryp het. Van haar bekendste woorde was: "My lewe het eers begin toe ek met Ronald getrou het"

Nancy word deur twee kinders, Patti Davis en Ronald Prescott, asook haar stiefseun Michael Reagan oorleef.

Op Twitter is daar hulde gebring aan 'n vrou wat die lewens van Amerikaners en ook groot dele van die wêreld aangegryp het.

Onder diegene wat hulde bring is die akteur James Woods. Hy beskryf haar as 'n buitengewone dame en 'n lieflike persoon. "Ek het die voorreg gehad om haar verskeie kere te ontmoet. Mag sy in vrede rus," het hy op Twitter gesê. Meer oor hoe die wêred dié besondere vrou se dood ervaar en hulde aan haar bring hier: