DIT het knap ná die Tweede Wêreldoorlog begin, maar die Boereoorlog het ook ’n rolletjie gespeel.

En ’n jong meisie wat geen benul gehad het wat om met ’n hoender te maak nie.

Dit – en baie potlode en onwrikbare deursettingsvermoë – is van die bestanddele van ’n suksesresep wat enig in sy  soort in die Afrikaanse boekwêreld is: Kook en Geniet.

Volgende jaar vier dié bybel van boerekos sy halfeeufees, maar die skrywer sal nie daar wees om saam te vier nie.

S.J.A. de Villiers, tannie Ina, is verlede maand op 91 jaar op Stellenbosch oorlede. Haar boek leef triomfantelik voort – ’n verskynsel sonder gelyke.

Meer as ’n miljoen eksemplare is al verkoop in ’n mark waar verkope van 30 000 as ’n reuse sukses tel. Sedert 1951,

toe Kook en Geniet die eerste keer uitgegee is, was dit nog nooit uit druk nie.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 7 Oktober 2010