Die Glam Guru Hannon Bothma was saam met Leandie du Randt, Quanita Adams, Hildegardt Whites, Diaan Lawrenson, Nádine en Rolanda Marais die aanbieders. Kunstenaars soos Joshua na die Reën en Elvis Blue het die gaste vermaak.

Bobby van Jaarsveld was die groot wenner van die aand toe hy met drie pryse (pop- of sokkiedansalbum van die jaar, liedjie van die jaar en musiekvideo van die jaar) huis toe is.

Riana Nel se Die Regte Tyd is as die topverkoper-album van die jaar aangewys en Lollos se Lalaland is die topverkoper-DVD van die jaar.

Johan Stemmet is vereer vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaans toe hy met die Afrikaanse Erfenislater-prys weggestap het.

Hier is ’n volledige lys van die wenners:

  • Nuweling van die jaar Adam Barnard – Ruk My tot Stilstand
  • Gospelalbum van die jaar Danie Botha – Ge-anker
  • Kontemporêre album van die jaar Riana Nel – Die Regte Tyd
  • Pop/sokkie-album van die jaar Bobby van Jaarsveld – Maak ’n Wens
  • Musiekvideo van die jaar Bobby van Jaarsveld – Een vir Een
  • Liedjie van die jaar Bobby van Jaarsveld – My Alles
  • TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, Werklikheid, Speletjies Die Nataniël Tafel
  • TV-aanbieder van die jaar Emo Adams – Jou Show
  • TV-reeks van die jaar: Drama, Sitkom Vallei van Sluiers
  • Akteur van die jaar: Drama, Sitkom Nico Panagio – Vallei van Sluiers
  • Aktrise van die jaar: Drama, Sitkom Leandie du Randt – Vlug na Egipte
  • Sepie van die jaar Binnelanders
  • Sepie-akteur van die jaar Hans Strydom – Binnelanders
  • Sepie-aktrise van die jaar Brümilda van Rensburg – Binnelanders
  • Rolprent van die jaar Ballade vir ’n Enkeling
  • Akteur van die jaar: Rolprent Bok van Blerk – Leading Lady
  • Aktrise van die jaar: Rolprent Donnalee Roberts – Ballade vir ’n Enkeling
  • Radio-aanbieder van die jaar Rian van Heerden – Jacaranda FM
  • Leesboek van die jaar Deon Meyer – Ikarus
  • Topverkoper-CD van die jaar Riana Nel – Die Regte Tyd
  • Topverkoper-DVD van die jaar Lollos 6 – Lalaland!
  • Afrikaanse Erfenislater Johan Stemmet

- Joshua Carstens