Het jy onlangs een van ons patrone gebrei? Ons wil dit graag sien! Epos jou foto’s na leefstyl@huisgenoot.com. Ons gaan ons bestes op ons webtuiste wys.

Huisgenoot se Brei vir Baba-boek bied die knusste tydverdryf. Met agtien byderwetse patrone vir babas tussen die ouderdom van 0 en 18 maande, gaan jy besig en jou baba warm bly!

Die patrone wissel van musse en serpe tot babakousies en 'n verskeidenheid truie. Die stap-vir-stap-aanwysings is geskik vir babas van verskillende groottes en is duidelik en logies uiteengesit met volkleurfoto’s om die eindproduk te illustreer.

Huisgenoot se Brei vir Baba is die eerste in ‘n reeks breiboeke onder die vaandel van hierdie gerekende gesinstydskrif. Dit sal te koop wees teen ‘n baie billike R29,95 en is vanaf 16 Mei beskikbaar in uitgesoekte winkels. Elke tydskrif word verpak met ‘n gratis bol wol van Wollmart Africa in Pretoria.

As jy sukkel om Huisgenoot se Brei vir Baba op te spoor, stuur vir ons ’n boodskap na huisgenoot_inteken@media24.com of bel 0860-103-686 om een te bestel. Huisgenoot Brei vir Baba is ook in Engels beskikbaar as YOU Knit for Baby.

Wees in September op die uitkyk vir ons volgende breiboek - dié keer met patrone vir speelgoed en dekor.