Die oomblik is byna oorweldigend vir Danté von Wielligh toe die oud-Bok om die draai gestap kom.

Hy haal swaar asem, maar groet Joost van der Westhuizen opgewonde vanuit sy rolstoel. Hy praat moeilik; sy vrou, Isabel, tolk.

Vandag word Danté, wat aan dieselfde soort motorneuronsiekte (MNS) ly as Joost, ’n lid van die J9-familie. J9 is Joost se steungroep vir mense met dié aftakelende siekte.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.