Huisgenoot het met ’n veldtog vir ’n beter Suid-Afrika wat deur Huisgenoot-lesers gedryf word.

As jy van iemand weet of self iemand is wat ’n plan maak met ons land se uitdagings, wil ons van jou hoor.

Dalk het jy ’n manier gekry om dienslewering te verbeter of werk te skep. Maar dit hoef nie ’n groot projek te wees nie; selfs al maak jy net in ’n paar mense se lewe ’n verskil, kan jy ander inspireer om dieselfde te doen. Ons wil dié suksesverhale met ons lesers deel sodat elkeen wat daaruit kan put, dit kan gebruik om ook ’n opbouende bydrae te lewer.

Ons noem dié veldtog HG-planmaker. En ons nooi elke Huisgenoot-leser om saam met ons te sê: Wees die verskil wat jy in Suid-Afrika wil sien.

In volgende uitgawes van Huisgenoot sal ons julle meer van ons veldtog vertel. Intussen kan julle jul stories na planmaker@huisgenoot.co.za stuur.

Ons hoor graag van julle!