• Die Stormers-rugbyspeler Schalk Burger en sy vrou, Michele, verwag hul tweede kind! Michele het die afgelope week ’n foto van ’n skandering op haar Instagram-blad gedeel en gesê: “Oulike klein voetskandering van seuntjie nommer 2 – amper ’n gesin van vier. Eeeek.” Lees hier verder oor Schalk se tweede pienkvoet>>
  • Die minderjarige beskuldigde in die Griekwastad-verhoor, wat onder meer daarvan beskuldig word dat hy Deon, Christel en Marthella Steenkamp verlede jaar Paasnaweek vermoor het, het vandeesweek in die Hooggeregshof in Kimberley getuig. Die saak is uitgestel tot volgende week. Lees hier meer oor dié saak>>
  • As jy nog nie jou belastingopgaaf ingedien het nie, moet jy opskud: Jy het nog net kans tot Vrydag 22 November. Vind hier uit hoe jy te werk moet gaan>>
  • Nic van Wyk lyk omtrent na ’n nuwe mens; selfs kykers gaan dink die kykNET-werklikheidsreeks Kokkedoor het ’n nuwe beoordelaar. Binne net vyf maande het hy 20 kg afgeskud. Lees meer oor Nic se gewigsverlies>>
  • Die Springbokke draf Saterdag op Toulouse teen Frankryk uit vir die derde wedstryd in hul Europese toer. Kyk hier wie is almal in die span en wat jy van die wedstryd kan verwag>>
  • ’n Man is in hegtenis geneem in verband met ’n kaping wat Saterdag in Johannesburgse middestad plaasgevind het. Die kaping het opslae gemaak toe beeldmateriaal van die voorval op die internet versprei is. Lees hier meer>>