• Talle winkels sal eerskomende Sondag, die 15 Desember, gesluit wees uit respek vir oudpresident Nelson Mandela se begrafnis wat op Qunu plaasvind. As jy van plan was om Sondag inkopies te doen, vind hier uit waarheen jy nie kan gaan nie. Lees meer hier…

  • Die sanger Arno Jordaan en sy vrou, Lizanie, het Donderdag hul eerstelingseun, Milan, verwelkom. Lizanie het met ’n keisersnee geboorte geskenk. Lees meer hier...

  • Die Griekwastad-hofsaak waarin ’n minderjarige aangekla word van die moord op Deon, Christel en Marthella Steenkamp is uitgestel tot volgende jaar.

    Regter Frans Kgomo sou gister in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley sy uitspraak begin lewer het. Die saak sal op 18 Maart 2014 hervat word. Lees meer hier...

  • Daar het ’n klein storm losgebars rondom die gebaretolk wat Dinsdag by oudpres. Nelson Mandela se amptelike gedenkdiens opgetree het. Die Instituut vir Opvoeding en Ontwikkeling in Gebaretaal het Woensdag in Kaapstad gesê die tolk was ’n “totale bedrieër” (lees die storie hier). Die tolk het intussen op die aanklagte dat hy nie ’n regte tolk is nie, gereageer. Lees meer hier...