Vir baie mense in Afrika is die internet iets wat deur ander mense geskep word, en wat ons eenvoudig verbruik.

Dit is opvallend dat baie Afrikatale 'n sterk teenwoordigheid het in op radio, TV en in koerante, maar skaars te sien is op die web.

Google help om dit te verander deur globale dienste soos Google Search, YouTube en Gmail beskikbaar te maak in jou taal. Ewe skielik raak jy deel van die gesprek.

YouTube is ook nou in twee Afrikatale beskikbaar: Afrikaans en isiZulu.  

Dit is belangrik vir verskeie redes.

Die nuwe weergawes skep bewustheid onder nuwe gebruikers vir wie Engels 'n tweede (of selfs derde) taal is, en wat tot dusver nie YouTube ten volle kon gebruik of geniet nie.

Dit is ook 'n herinnering aan die wonderlike inhoud in albei tale wat al hoe meer gedeel word op YouTube in Suid-Afrika, 'n land met 'n oorvloed kreatiewe talent.

YouTube in Suid-Afrika is ook al meer as 'n jaar oud, en met YouTube-kyke wat met 175% vermeerder het in die tydperk, was ons oorgehaal om hierdie nuwe kenmerke bekend te stel in die plaaslike domein.

As jy 'n eerstetaal-spreker is van Afrikaans of IsiZulu, nooi ons jou uit om saam met ons die bekendstelling te vier, en dis hoe:

1.    Besoek Youtube.co.za. Onderaan die bladsy, klik op 'Taal' en kies Afrikaans of isiZulu.

2.    Laai jou eie video op!

3.    Deel dit op Google+ of Twitter met #YoutubeIsiZulu of #YoutubeAfrikaans.

HuisgenootTV se YouTube-kanaal is die grootste Afrikaanse kanaal op hierdie webtuiste en groei by die dag. Klik hier om ons YouTube te besoek.