Vir mense dwarsoor Suid-Afrika is hul weeklikse Huisgenoot ’n heerlike bederf.

Maar vir ’n merkwaardige vrou van Worcester is haar Huisgenoot nie net vermaak nie – dit is letterlik haar enigste venster op die wêreld.

Met haar gesig sowat 5 cm weg van ’n televisieskerm bestee Jonida Rahn (65) elke beskikbare uur van haar dag om Huisgenoot moeisaam en letter vir letter te lees.

Met net 5 persent sig en byna geen gehoor nie, is Jonida gekluister in ’n wêreld wat bitter eensaam kan wees. Was dit nie vir Huisgenoot nie, sou haar lewe baie, baie saai wees, vertel sy met ’n breë glimlag daar voor haar televisieskerm.

Toe sy nog effens beter kon sien, het sy Huisgenoot met ’n vergrootglas gelees, maar die inspanning was later te erg.

Twee en ’n half jaar gelede het haar lewe eensklaps verander – haar dogter Marlene het vir haar ’n apparaat gekoop

waarmee sy Huisgenoot kan skandeer en die blaaie reusagtig groot op haar televisieskerm kan lees.

Lees die volledige artikel van hierdie merkwaardige verhaal in die Huisgenoot van 13 Mei 2010

Bespreek vir Skouspel!