Wie ken nie die kuier-temaliedjie Living next door to Alice nie? Die Britse popgroep Smokie is vir die tiende keer in Suid-Afrika. En vanaand is hul eerste konsert in Paarl.

[caption id="attachment_109892" align="alignnone" width="600"]Mike Craft, Martin Bullard,  Terry Uttley, Steve Pinnell, Mick McConnell klink `n glasie op die Beyerskloof-wynplaas naby Stellenbosch om die begin van hul Suid-Afrikaanse-toer te vier. (Foto: Misha Jordaan) Mike Craft, Martin Bullard, Terry Uttley, Steve Pinnell, Mick McConnell klink `n glasie op die Beyerskloof-wynplaas naby Stellenbosch om die begin van hul Suid-Afrikaanse-toer te vier. (Foto: Misha Jordaan)[/caption]

Gister het Huisgenoot saam met hulle op die Beyerskloof-wynplaas naby Stellenbosch gekuier. Almal was dit eens dat Suid-Afrika hul gunsteling bestemming is. "Die mense van Suid-Afrika hou van ons musiek en dis altyd lekker om vir hulle te speel," sê Terry Utterly, sanger en baskitaarspeler.

"Baie dankie," voeg Martin Bullard, die klawerbordspeler, in suiwer Afrikaans by. Hy is die broer van die beroemde Suid-Afrikaanse rubriekskrywer, David Bullard, wat in Brittanje gebore is.

Met hul eerste besoek aan Suid-Afrika in 1995, het die Springbokke die Wêreldbeker gewen. "Die kaptein, Francois Pienaar, en sy span was saam met ons op die verhoog toe ons Living next door toe Alice gesing het," onthou Terry. En hoe voel hulle nou met Engeland wat uit die Wêreldbeker-toernooi gespeel is? "Een woord: Japan," spot Mike Craft, hoofsanger en kitaarspeler.

Die mees opwindendste ding wat hulle al in Suid-Afrika aangepak het, was om in 'n hok te duik saam met krokodille.

Die mees opwindendste ding wat hulle al in Suid-Afrika aangepak het, was om in 'n hok te duik saam met krokodille. "Nou wil ek saam met haaie duik," vertel Mick McConnell, hoofkitaarspeler en sanger. "Jong, hy is die grootmond onder ons," voeg Terry dadelik by.

Mick het 'n paar jaar gelede onwetend deelgeneem aan 'n protes-optog van skoonmakers deur die strate van Kaapstad. "Ek het gedog dit was `n straatpartytjie."

"Vir my is die townships hier fassinerend," vertel Steve Pinnell, tromspeler. Soos in Indië is hy hier ook gretig om by mense in hul huise te kuier om die kultuur daar te ervaar.

En wat is die vreemdste geskenke wat hulle al gekry het hier in Suid-Afrika? "Dis seker nie eintlik vreemd nie, maar ek het twee tasse vol biltong al saam met my terug geneem Engeland toe," verklap Mike.

Die eerste helfte van hul konserte in Suid-Afrika, gaan akoesties wees. "En die tweede helfte 'n groot paartie soos Smokie-aanhangers ons ken," sê Steve.

"Smokie sal nooit aftree nie," belowe Terry wat al van die begin van die groep in 1964 deel van Smokie is. "Die lede het deur die jare verander, maar die klank sal altyd bly. Smokie is `n handelsmerk. Maar ons vyf wat nou hier is, is goeie vriende. Ons vyf persoonlikhede werk goed saam."

Vir meer inligting en om jou kaartjies te bespreek, besoek gerus vir Computicket.

  • Pieter van Zyl