Huisgenoot-Musiekplaas en Skouspel onder die sterre:

Huisgenoot-Musiekplaas het vanjaar een van die beste programme ooit by die ABSA KKNK. Met meer as 180 kunstenaars wat op die Huisgenoot-verhoog optree, is dit sonder twyfel die plek om die fees in sy volle glorie te ervaar.Feesgangers wat kaartjies vir die aandprogram koop, kry ook vanjaar gratis toegang tot die jolige en bedrywige Rivierbuurt waar die klank van musiek saam met watertand-geure uit kosstalletjies in die lug hang.

Die Treffer na Treffer-afskopkonsert vind op Saterdag 31 Maart plaas en beloof ’n paar uur van net die beste liedjies deur gunsteling-Afrikaanse sangers soos Nicholis Louw, Heinz Winckler, Wicus van der Merwe, Snotkop, Manie Jackson, Romanz en Monique.

Feesgangers kan vanjaar ook vir die eerste keer al die swier van Skouspel beleef op ’n opelug-verhoog onder sterrehemel van die Karoonag.

Skouspel onder die Sterre is ’n nuwe produksie wat met trots deur Huisgenoot aangebied word, met Nianell, Sarah Theron, Bianca le Grange, Charlize Berg, Suzanne Rentzke, Romanz, Coenie de Villiers, Nicholis Louw, Kevin Leo, Elvis Blue, Mark Haze, Willem Botha, Dewald Louw en die Electric Pops Orchestra.

Huisgenoot-Leefstylsentrum:

In die Huisgenoot-Leefstylsentrum sal daar kosdemonstrasies wees deur dié gewilde tydskrif se kosredakteur, Carmen Niehaus; ’n verfrissingstafel vir vroue; mooimaaksessies en stylwenke deur Huisgenoot se modespan sowel as heerlike kos vir proe en uitstekende intekenaanbiedings.

Tempo-BBP-Klub:

Nog ’n spesiale aanbieding wat Huisgenoot vanjaar by KKNK bekendstel, is die Tempo-BBP-klub vir getroue lesers. Teen ? billike R32 per kwartaal kan lesers twee jaar lank lid van die klub word.

Dit sluit ’n intekening van twee jaar op Huisgenoot-Tempo in, ’n inskrywing vir die daaglikse gelukstrekking vir pryse soos iPads en Tom Tom-GPS’e, ’n gratis kaartjie vir een van die KKNK-aandkonserte, daaglikse toegang tot die Huisgenoot-Musiekplaas se BBP-sitgebied, afslag op alle toekomstige Huisgenoot-geleenthede, ’n gratis digitale uitgawe van Tempo en afslag op iPads, wyn en reispakkette.

Hierdie spesiale aanbiedinge is slegs beskikbaar met die bekendstelling van die Tempo-BBP-klub by die KKNK en is ? geleentheid wat nie misgeloop mag word nie!

Kaartjies vir alle vertonings is by Computicket beskikbaar.