Die redaksie het koppe bymekaargesit om ’n gedenkboek te skep wat nie net die beste stories byeenbring nie, maar ook iets vertel van die tydgees oor die jare heen.

Die inhoud is ’n uithaler-Huisgenoot-maaltyd. Soos enige Huisgenoot skop dit af met briewe, in hierdie geval uit verskillende dekades. Dit word gevolg deur ’n omvattende tydlyn wat die hoogtepunte van die tydskrif se geskiedenis uitlig, asook hoe Huisgenoot geskryf het oor gebeure wat die land- en wêreldgeskiedenis help vorm het.

En dan die vleis-rys-en-aartappels: Huisgenoot se verslaggewing oor letterlik álles. Stories oor rampe en tragedies, oorloë, sport, ongewone liefdesverhale, opspraakwekkende hofsake, musiek, TV en flieks. Met die hoofbestanddeel altyd die mense oor wie hierdie stories gegaan het – bekendes en Jan Alleman wat met hul lief en leed groot nuusmakers geword het.

Dis fassinerend om te lees hoe Huisgenoot se kos- en modeblaaie oor ’n eeu heen ontwikkel het om tendense en modes te weerspieël. Hoe van Murray Janson tot Liewe Elize Huisgenoot-lesers getroos en raad gegee het, die tydskrif die pionier van blokraaie in Suid-Afrika was, ons skoolblaaie al menige kind (en ouer) se basvelle gered het. En natuurlik hoe advertensies nog altyd deel van die leeservaring was en ook altyd iets van hul betrokke era verklap het. Ter afsluiting vertel oudredakteurs van hul tyd aan die stuur van die ikoniese tydskrif.

Hierdie gedenkboek is ’n moet vir elke huishouding waar Huisgenoot al ’n plekkie langs die rusbank gehad het. Kom gedenk saam met ons ’n eeu van nuus, glans en raad.

Die Huisgenoot 100-gedenkboek kos R55 en is by gewilde kleinhandelaars beskikbaar.

Jy kan dit ook so bestel:

Ander stories op Huisgenoot.com

Gewilde Kokkedoor maak nou tuin ná hartseer besluit

‘Meer trots op jou, kan ek nie wees nie, pappa’: Twitter verwelkom Allister Coetzee as nuwe Bok-afrigter

Doodsreuk hang in hospitaal nadat erg ontbinde lyk glo in hysbakskag gevind is

Charlize Theron briesend oor ‘ongelooflik verkeerde aanhaling’

Hofmeyr-boeties se liefdeslewe beleef uiterstes

Kyk: Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives