House Stolen

Verlede week het die distrik se polisie met ’n bisarre saak te doen gehad toe ’n huiseienaar hulle bel om ’n vermiste huis aan te meld. Die diewe het blykbaar die hut van 111 m2 van die fondament af gesteel.

Sheriff Frank Skrah van die distrik Klamath het die voorval op ’n perskonferensie bevestig.

“ ’n Hele huis is gesteel. Dit is nie ’n woonwa nie, dit is nie ’n mobiele huis nie, dit is ’n ‘huis’,” het hy verduidelik.

“(Die eienaar) het sy deeltydse huis gaan besoek en tussen die eerste keer dat hy dit gesien het en ’n paar maande later, was dit weg. Kan jy jou dit voorstel?” het Frank aan The Washington Post gesê.

Die polisie het twee dae lank na die hut gesoek en dit Donderdag opgespoor. Frank sê daar was ’n regsdispuut waarin drie mense eienaarskap van die huis beweer het en een van hulle het dit aan ’n vierde persoon verkoop.

“Ons dink iemand het die fondament uitgekap, dit opgehys, ’n laebed (-sleepwa) onderin geskuif en dit op die laebed gelaai en dit gevat,” het Frank verduidelik.

Bronne: dailymail.co.uk, independent.co.uk, washingtonpost.com