Hulle is van die gewelddadigste misdadigers in Suid-Afrika en skroom nie om te moor, martel en verkrag nie... Byna twee derdes van hulle rand slagoffers aan in rooftogte in ons huise, nou een van ons grootste misdaadeuwels.

En dié jong dog ervare boewe beplan so ’n rooftog met militêre noukeurigheid. Hulle kan jou weke lank dophou voor hulle toeslaan, en dan gewoonlik op ’n tyd wanneer jy dit die minste verwag.

Hulle kry fyn besonderhede oor jou doen en late van mense wat jou ken, soos werknemers en soms selfsveiligheidswagte.

Wat jy besit en of jy ’n “maklike teiken” is – hoeveel hulle van jou weet, hoe goed jou buurt en huis beveilig is, hoe waaksaam jy is – bepaal of jy in hul visier kan beland. Ras, buurt of geslag speel nie werklik ’n rol nie.

Dit gaan oor geld.

Bespreek vir Skouspel!

Hulle is meestal Suid-Afrikaners.. en bly dikwels skaars 30 minute se ry van jou af.

Dis van die bevindings in ’n opspraakwekkende nuwe boek waarin huisrowers self onthul wat jy moet doen as jy ’n huisrooftog wil oorleef of keer.

In sy navorsing vir Home Invasion: Robbers Disclose What You Should Know het dr. Rudolph Zinn met onder meer 30

misdadigers gepraat wat vonnisse weens huisrooftogte uitdien.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 3 Junie 2010.