Die wêreld is in afgryse oor details wat nou onthul word oor ’n man wat na bewering vir jare jaar lank sy vrou en kinders in dié sogenaamde huis van gruwels in Springs gevange gehou het en wreed aangerand het. Maar wat sou jy gedoen het as dit jou bure was? Ons gee raad oor hoe om veilig op te tree.

Dit is maklik om dié geval te vergelyk met Josef Fritzl, wat sy dogter en hul kinders tot 2008 in sy huis in Oostenryk gevange gehou het. Volgens berigte het die Gautengse man sy vrou en vyf kinders (tussen die ouderdomme van twee en 16) jare lank gevange gehou. Lees die storie hier. Bure sê hulle het nooit geweet daar was kinders in die huis nie.

Maar wat doen jy as jy vermoed het dit was jou bure? Lynne Cawood, die direkteur van Childline Gauteng, sê die organisasie is op ’n gereedheidsgrondslag om die kinderverwante probleme te hanteer, en die beraders is opgelei om kinderbeskermingsdienste van Kinderwelsyn SA, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die departement van maatskaplike ontwikkeling te fasiliteer. “Almal se hulp is nodig en dit is uiters belangrik dat almal bewus is van weerlose kinders in hul gemeenskap,” sê Lynette. Sy gee raad oor wat om te doen as jy vermoed ’n kind in jou gemeenskap word mishandel.

  • Die konsep van goeie buurmanskap is belangrik. Staan by waar moontlik, maar kontak die SAPD as jy vermoed ’n misdaad word gepleeg.
  • Moenie op jou eie ’n misdaad ondersoek nie, veral as jou veiligheid bedreig word. Bel die SAPD by 0860-10111 of Childline by 08000-55555. Jy kan ook ’n anonieme wenk aan Crimeline SMS by 32211.
  • Onthou, kragtens die kinderwet is almal verantwoordelik vir die rapportering van kindermishandeling. Buiten die nommers bo kan jy ook kontak maak met Kinderwelsyn SA, die departement van maatskaplike ontwikkeling of die plaaslike polisiediens, wat jou na die naaste kinderbeskermingseenheid kan verwys.

Tipiese tekens van seksuele mishandeling by kinders

As ’n kind in jou sorg die volgende gedrag openbaar, is dit dalk ’n goeie idee om ondersoek in te stel:

  • Kennis van seksuele sake wat onvanpas is vir hul ouderdom.
  • Seksuele of uitlokkende gedrag, insluitend kompulsiewe masturbasie en seksuele interaksie met jonger kinders.
  • Hulle het verskeie lae klere aan.
  • Verlies aan of toename in eetlus.
  • Urienweginfeksie of gejeuk in die privaat area.
  • Selfdoodneigings of self-vernietigende gedrag, insluitend self-skending.
  • Verandering in hul bui, insluitend prikkelbaarheid, depressie of ongewone woede.
  • Swak konsentrasie wat skoolprestasie beïnvloed.
  • Loop klas mis.
  • Hulle sonder hulself af.
  • Regressiewe of baba-agtige gedrag.
  • Hulle maak hul bed vuil.
  • Aggressie.
  • Slaapprobleme, insluitend nagmerries.
  • Psigosomatiese klagtes.

- Dalena Theron