Volgens berigte het William Wilson van Cape Coral die ligpienk huis Dinsdag vir sowat R1 miljoen gekoop. Toe hy dit Woensdag gaan ondersoek, kry hy die lyk op die vloer in die hoofslaapkamer.

Die polisie in Cape Coral het die eiendom afgesper en ’n ondersoek geloods.

Bure het ’n plaaslike koerant vertel twee susters het dar gewoon, maar hulle is lanklaas gesien. Die polisie het William vertel hulle het in November 2011 laas ’n posstuk ontvang en eiendomsbelasting is in drie jaar nog nie betaal nie.

William het gesê binne-in was die huis deurmekaar en dit wou voorkom asof iemand besig was om te trek.

Bronne: Huffington Post, ABC News, Washington Post