Die akteur, wat die titelkarakter in die superheld-uitloper The Wolverine speel, het erken die dieet wat hy moet volg om sy lyf vir die rol reg te kry bekommer hom, want hy weet dit is “nie goed nie”.

Hy het aan die koerant Mail on Sunday se tydskrif Event gesê: “Dis nie vir my goed om 6 000 kalorieë per dag te eet nie. Ek moet elke dag dosyne eiers eet. Al hoe ek die dieet mag afwissel, is met hoender.

“Ek weet daar is veganistiese liggaamsbouers, maar hoender werk vir my. Verskriklik baie hoender . . . Ek bekommer my dat ek ’n hartaanval sal kry.”

Die 44-jarige ster moet ’n strawwe oefenprogram, wat hy verpes, volg elke keer dat hy die mutant speel. Hy erken hy het gedink mense wat hulself vir ’n soortgelyke doel so hard druk, is “simpel”.

Hy het bygevoeg: “Ek het altyd hierdie ouens in die gim sien yster pomp en gedink hulle is idiote. In watter situasie moet dit vir jou nodig wees om 185 kg op die bankie op te tel? Ek het nog nooit die verslawing verstaan nie; dis net te pynlik. Tog is dit wat ek moet doen om Wolverine te word.”