hughj-wife2

Hugh Jackman sê sy gesin beteken vir hom die meeste van alles.

Hugh (44), wat getroud is met die aktrise Deborra-Lee Furness, stel sy gesinslewe bo sy loopbaan. Die Prisoners-ster sê roem en geld is vir hom onbelangrik.

Hy het aan die Sunday Telegraph gesê: “Debs is sterk en het baie moed. Haar voete is plat op die aarde. Ons gesin beteken vir my meer as enigiets, en ek bedoel enigiets.

“Toe ek in 2009 by die Oscars my hand op my hart sit, was dit ’n teken vir Debs daarbuite. Dit was ’n herinnering dis wat saakmaak en die res, die pryse en die geld en die roem, kan kom en gaan.

“Ek sal soms gewild wees en sons weer nie. Debs en my kinders is al wat vir my saak maak.”

Die egpaar het twee aangenome kinders, Oscar (13) en Ava (8).