Hugh Hefner het al met “meer as duisend” vroue intiem verkeer.

Die 86-jarige stigter van Playboy, wat onlangs getroud is met sy derde vrou, Crystal Harris, sê hy was deurentyd getrou aan die vorige twee, maar het “vergoed daarvoor” toe hy enkellopend was.

Tydens ’n onderhoud met die Amerikaanse tydskrif Esquire het Hugh beweer hy het al meer as duisend vroue bed toe gesleep.

“Toe ek getroud was, het ek nooit met enigiemand anders seks gehad nie, maar toe ek enkellopend was, het ek daarvoor vergoed,” sê Hugh.

-Bang Showbizz