Is jou tienerseun versot op houtwerk? Hierdie splinternuwe boek deur Peter Alkema is die ideale geskenk vir hom en sy pa en so kan hulle sommer speel-speel hul vaardighede verbeter. En wie weet, jy word dalk ‘n pragtige nuwe koffietafel ryker as hulle eers wegval.

woodwork copy pic_hg

Houtwerk vir almal – die boek

Hierdie omvattende en kreatiewe boek is ideaal vir die koffietafel of die werkwinkel en bevat 13 projekte wat naweke in gesinstyd propvol pret sal omskep! Leer die basiese tegnieke van houtwerk en maak iets nuttigs waarop jy sal trots wees.

Elke hoofstuk is propvol foto’s en illustrasies, asook die agtergrond tot die projek en ’n lys materiaal en gereedskap wat jy nodig het. Die aanwysings is duidelik en maklik om te volg. Daar is ook wenke wat jou sal help om tyd te spaar. Die ‘Gereedskap en tegnieke’-afdeling voorsien jou met praktiese insig oor houtwerk en gereedskap voordat jy jou eerste projek aanpak.

Maak ’n speelgoedkis of staantrap as eerste projek binne ’n paar uur! Voltooi die rakke in die babakamer voordat die kleinding kom of maak ’n bed voordat die bababedjie te klein raak. Omskep jou tuin met ’n stewige bankie in ’n skadukol of skep ’n splinternuwe speelarea met die tuinhuisie.

Die boek bevat:

  • 13 stap-vir-stap projekte vir nuttige items vir jou huis – van stylvolle meubels tot speelgoed vir die kinders
  • 3D-illustrasies, volkleurfoto’s en aanwysings vir houtwerkers op elke vlak
  • Praktiese raad oor gereedskap en tegnieke, asook wenke
  • Hoe om houtoppervlakke af te werk, skarniere, mates, en vele meer

Die outeur

Peter Alkema het vyf kinders, twee honde en een saag. Hy het geen vernuf in die kombuis nie, maar wel ’n Meestersgraad in Meganiese Ingenieurswese. Bedags werk hy in die IT-bedryf by ’n bank en saans maak hy saagsels in sy werkwinkel. Hy kry sy inspirasie vir houtwerk van sy oorlede pa en wie weet, dalk is sy volgende boek ’n resepteboek spesiaal vir ingenieurs! Houtwerk vir almal is sy eerste boek.

Kry dit hier

Die boek sal vanaf Mei landwyd in boekwinkels beskikbaar wees.

  • Struik Lifestyle
  • Klassifikasie: Doen-dit-self/Houtwerk
  • BIC-kode: WKDW
  • Prys: R250.00