Calie Pistorius (45) se kop is nie in die wolke nie; dis in die hemelruim.

Dié oudonderwyser van Pretoria het die hoofkwartier van die Amerikaanse Nasionale Lugvaart- en Ruimteadministrasie (Nasa) al meer as 60 keer besoek en ook al in aanraking gekom met legendariese ruimtevaarders soos Buzz Aldrin en Neil Armstrong.

“Ek het van kleins af belanggestel in die hemelruim en ruimtevaart,” vertel Calie.

“Toe ek as kind die maanlanding op televisie sien, het die gogga my gebyt, en ek het als oor ruimtevaart gelees wat ek in die hande kon kry,” sê hy.

Calie het sowat 20 jaar gelede aangesluit by die Ruimtevaarderstudiebeursstigting.

Lees ook: Gateway to Space: Die uitstalling, kom na Suid-Afrika!

Enigiemand kan aansluit by dié stigting en Nasa reël spesiale funksies waar lede die kans kry om ruimtevaart en hul hoofkwartier in al hul glorie te ervaar.

“Ek weet nie van nog ’n Suid-Afrikaner wat lid is van die Ruimtevaarderstudiebeursstigting nie,” sê Calie.

Volgens hom word al die kostes gedek, hy moet net die vliegtuigkaartjie Amerika toe betaal.

Lees ook: R1,3 miljard gesoek om Matt Damon van Mars af te red

“Ek bestee eerder my geld daaraan om Nasa toe te gaan as aan ’n vliegtuigkaartjie Mauritius toe,” skerts hy.

Van sy hoogtepunte sluit in om twee keer die geleentheid te kry om Buzz Aldrin te ontmoet en by die Apollo 11-herdenkingsgeleentheid te wees.

“Dit was ook vir my baie spesiaal om Neil Armstrong te ontmoet. Dis verstommend om te dink jy staan langs een van die eerste ouens wat op die maan geloop het.”

[caption id="attachment_118720" align="alignnone" width="600"]Calie saam met Neil Armstrong by een van NASA se funksies. Calie saam met Neil Armstrong by een van NASA se funksies.[/caption]

Wou hy nie self ’n ruimteman word toe hy jonger was nie? “Ja, ek dink almal droom daarvan terwyl hulle jonk is, maar soos jy ouer word, besef jy hoe moeilik dit eintlik is om die hemelruim ingestuur te word. Maar as jy nou vir my sê ek het die geleentheid om ruimte toe te gaan, sou ek nie huiwer om te gaan nie.”

** Kom geniet ’n soortgelyke ervaring as dié van Calie Pistorius by Huisgenoot, You en Drum se Gateway to Space-uitstalling. Dit word van 1 Junie tot 31 Julie 2016 by die Sandton-konferensiesentrum aangebied.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ons maak dit maklik – só raak die begrotingsrede jou bankbalans

Hardewareprobleme pootjie Telkom-gebruikers wat lugtyd wil herlaai

Het jy sonde met die bure? Hier’s raad

‘Aantreklike oupa’ se pragtige glimlag op 66 jaar oue foto oorrompel die internet