Een van die moeilikste oomblikke van moederskap is daardie eerste dag dat jy jou kind in iemand anders se sorg moet los. ’n Kinderoppasser, gewoonlik ’n vreemdeling, sal die meeste tyd saam met jou baba deurbring, en dis belangrik dat jy haar kan vertrou. Desiree Pather, die besturende direkteur van die kinderoppassersagentskap Handy Helpers, sê ’n deeglike agtergrondondersoek is die eerste en belangrikste stap.

Maar nadat jy iemand aangestel het, kan jy tog nog ’n ogie oor jou baba en sy of haar nuwe oppasser hou. Desiree sê kinderoppasserskameras is wettig en kan gebruik word om jou baba se veiligheid te verseker, maar jy moet enkele punte in gedagte hou.

Hou dit in gedagte:

  • Dis regverdig dat jy almal met wie jy ’n onderhoud voer, inlig dat jy kameras wil laat aanbring. Enige kandidaat wat iets wil wegsteek, sal nie die werk aanvaar nie.
  • Dit is onwettig om opnames te maak in ’n vertrek waar iemand ’n privaatheid sal verwag. Dit sluit die badkamer en hul slaapkamer in waar die kinderoppasser deels of heeltemal naak afgeneem kan word.
  • Geheime opnames wat onwettig verkry is, kan nie as ’n bewys in ’n hof dien nie, en dit kan tot kriminele aanklagte teen jou as die werkgewer lei.
  • Stel voor die kandidaat se instemming om met ’n kinderoppasserkamera te werk, word vervat in die indiensnemingskontrak. Dit is baie belangrik dat die kandidaat en ’n getuie die kontrak onderteken.

Hoe kies jy die regte kinderoppasserskamera?

  • Dit is die beste om na twee of drie ondernemings te kyk wat in kringtelevisiekameras spesialiseer. Vra hulle waarom hul produk die beste is.
  • Let daarop dat die meeste kinderoppasserskameras net beeldmateriaal bied, en nie klank nie.
  • Dek die belangrikste vertrekke in die huis.
  • Vind uit of jy die beeldmateriaal regstreeks elders kan kyk terwyl dit in jou huis verfilm word.

As die idee van ’n kinderoppasserskamera jou dwars in die krop steek, kan jy:

  • Etenstyd by jou huis ’n draai maak, as jy kan.
  • Vra ’n buurvrou of vriendin wat naby woon moet ook inloer wanneer hulle kan om te verseker dat alles reg is.
  • Dit is ’n goeie idee om jou kinderoppasser op die landlyn te bel. Jy sal dan weet hulle is by die huis. Jy kan ook jou kind in die agtergrond hoor as hy of sy huil.
  • Sorg dat jy ’n goeie geskrewe program vir stimulasie en speel het wat die kinderoppasser kan volg. ’n Vervelige kinderoppasser is glad nie produktief nie.

- Shandukani Mulaudzi