Hier is die groep se eerste musiekvideo, maar vir een van hul ander treffers Hand aan Hand.

Maar wie is hulle?

Christoff de Beer, ’n oud-Puk en hoofkitaarspeler van Kurt Darren se orkes, was kortliks lid van Adam, maar Kyle Grant het eindelik by dié groep ingesluit. En die voormalige

Rustenburger Raymond Ray, die ander lid van RymStoff, sê “geloof en talent kan vir ’n mens baie deure oopmaak”.

RymStoff het pas hul eerste album uitgereik.

rymstoff1

1. Wat beteken die naam?

Christoff de Beer (CdB): Raymond en Christoff saam gee jou die naam RymStoff.

Raymond Ray (RR): Die naam “RymStoff” is ’n kombinasie van Raymond en Christoff.

2. Hoekom het julle besluit om ’n boy band te vorm?

CdB: Ek en Raymond wou die musiekbedryf nog altyd as onsself betree. Ons wou dit nog altyd geniet om musiek te maak en dit as ’n voltydse loopbaan volg. Christoff hou glad nie daarvan om alleen op te tree nie en Raymond is die regte "wingman".

rymstoff2

RR: Ons is 'n sangpaar; ’n boy band bestaan uit minstens vier ouens en hulle doen tot die uiterste danspassies. Ons bespeel instrumente en doen net af en toe ’n passie of twee.

3. Wie het ’n groot invloed op julle?

CdB: Albei van ons is groot Bon Jovi-aanhangers. Jon is ’n ongelooflik goeie liedjieskrywer en musikant.

RR: Bon Jovi en die countrysanger Keith Urban. O ja, en ook Jason Statham, die akteur.

4. Waarna kan aanhangers uitsien?

CdB: Ons vertonings is ongelooflik, want ons glo mense luister met hul oë en ore na musiek.

RR: Ons skryf self en het ’n verskeidenheid liedjies; nie een klink dieselfde nie. Ons hou dit ook interessant deur dit met sterk melodieë te kombineer. By ons vertonings sal jy sien ons is passievol en ons wil ons aanhangers net die beste gee.

5. Hoe oud is julle?

CdB: Ek is 28.

RR: Ek is 32.

6. Wat doen julle vir pret?

CdB: Ek skryf musiek en speel so dan en wan gholf wat niemand as gholf sal kan beskryf nie . . . eerder net kuier.

RR: In ons af tyd speel ons speletjies of kuier saam met vriende en familie.

7. Waar het julle mekaar almal ontmoet?

CdB: Ek het Raymond in die Barnyard-teater gesien en dadelik geweet dié ou is die regte man vir die Rym in RymStoff. Ons het dadelik as ’n span gekliek en nog nie een oomblik teruggekyk nie.

RR: Christoff en Hugo Ludik stap al ’n paadjie saam en hulle het besluit om ’n sangduo te begin. Hugo het my by die Barnyard-teater raakgeloop en gevra of ek daarin sou belangstel.

8. Wat maak julle anders?

CdB: Ons musiekstyl verskil van ander Afrikaanse popmusiek en ons probeer nie iets wees wat ons nie is nie. Tydens vertonings sien jy die regte Christoff en Raymond. Ons musiek kom uit ons hart.

RR: Christoff is ’n onderwyser en ek tree tans in Barnyard-teaterproduksies op. Tussendeur skryf ons musiek.