André Lotter het selfs ’n bietjie lyf gewys. Foto: Verskaf

Aanhangers sal bly wees om te sien dat een van die akteurs ná ’n ruk se gewas besluit het om sy hemp te laat waai. En kyk net hoe lus is André Lotter, wat die rol van Ricus speel, se maagspiere vir die oog.

Mimi en Jacques met ’n aanhanger. Foto: Verskaf

“Dit was baie lekker om die hele 7de Laan-familie bymekaar te hê vir ’n dag vol pret ten bate vir ’n goeie doel,” vertel Jacques Blignaut, wat die rol van Vince speel. Die geleentheid het op 22 Julie by Libri-karwas in Fourways, Johannesburg plaasgevind. 

Vinette Ebrahim (links) en Annelise Weiland saam met die eienaar van Libri-karwas. Foto: Verskaf

“Dit was pret en opwindend. Ek het nuwe respek vir mense wat motors was. Dit is nie so maklik soos wat dit lyk nie,” sê Mimi Mahlasela (Aggie).

Carina Nel, wat die rol van dr. Alexa speel, is hard aan die was. Foto: Verskaf

Hulle het omtrent laat woel met die gewassery en binne drie ure altesaam R10 000 ingesamel. Die geld gaan volgende week aan ’n minderbevoorregte skool geskenk word. 

André laat waai sy hemp! Foto: Verskaf

“Al ons sterre het dit vreeslik geniet. Ons het worsbroodjies verkoop en musiek gehad," sê Rosa-Mari Erasmus, 7de Laan se publisiteitbeampte. "Dit was ‘n lekker spanbou-aktiwiteit vir ons akteurs en span."