“Ons is bekommerd oor Vrydag en die naweek. Ons moet waarsku oor ’n moontlike tekort, maar sal die publiek op die hoogte hou,” het die woordvoerder Andrew Etzinger gesê.

Al verkeer die stelsel onder druk, word daar geen kragonderbrekings vir Donderdag beplan nie, het hy gesê.

Gebiede wat tans onderbrekings ervaar, is weens plaaslike foute en nie weens Eskom se opwekkingsvermoë nie.