Is jou kind ’n ontluikende akteur? Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek, Vaselinetjie, word in ’n fliek omskep en die produksiespan is op soek na kinderakteurs wat die hoofrolle kan vertolk.

vaselinetjie nog

Die verhaal volg die grootwordjare van Vaselinetjie (Helena) Bosman, wat in ’n kinderhuis beland omdat sy wit is maar deur bruin grootouers grootgemaak is. Daar moet sy haar naïwiteit agterlaat om te oorleef. Dis toe Vaselinetjie verlief raak op Texan Kirby, ’n aantreklike, vurige kinderhuisseun, dat sy voor een van haar grootste uitdagings te staan kom: die waarheid oor haar herkoms.

Meisies tussen die ouderdom van 7 en 22 jaar word genooi na die oudisies, asook seuns tussen die ouderdom van 10 en 13 jaar en 16 en 22 jaar wat lig van gelaat is en donker hare het.

Wanneer vind die oudisies plaas?

JOHANNESBURG

Wanneer: 16, 17 en 18 Februarie 2016

Waar: The Film Factory, Northcliff Atrium, Beyers Naudé-rylaan189, Northcliff

KAAPSTAD

Wanneer: 26 en 27 Februarie 2016

NOORD-KAAP

Upington: 1 Maart 2016

Springbok: 2 Maart 2016

Calvinia: 3 Maart 2016

Vir nog besonderhede kan jy Vaselinetjie se Facebook-blad volg. Kontak die span by vaselinetjiefilm@gmail.com.

Ander stories op Huisgenoot.com

Rolspelers reageer oor Jacob Zuma se dag in die hof

So lyk ’n McDonald’s Happy Meal glo ná SES jaar

Kyk: Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

Internet op hol oor foto van ma en tweelingdogters

Jy dink jy is allergies vir hardloop? Dis dalk regtig die geval

Begroot só wanneer jy noustrop trek