’n Hotel wat van koek gemaak is, is nou vir slegs een aand oop vir gaste.

Meer as 14 kunstenaars het 2 000 uur gebak om die gebou te skep, wat deel is van ’n hotel in die Londense buurt Soho. Binne-in die hotel is ’n mat wat bestaan uit 1 081 meringues wat met die hand aanmekaargestik is, ’n bad vol karamel-springmielies en vensterbanke van fudge.

Die hotel, wat ook eetbare boeke op die bedkassies het, is geskep om ’n nuwe reeks deur Tate & Lyle Sugars te bemark. Die maatskappy se woordvoerder, James Whiteley, hoop dat dié skepping mense sal aanspoor om te bak.

“Ons dink dat die koekhotel presies die opwinding, inspirasie en deskundigheid van ons nuwe reeks goue en bruinsuikers vergestalt.”