Die oorskot was tussen ’n spul wasgoed wat personeel by die Spring Valley-hospitaal Dinsdag na die mediese wassery Angelica in die nabygeleë Henderson gestuur het. Skoonmakers het toe daarop afgekom. Speurders het vasgestel dit was ’n onopsetlike fout en die voorval word nie as verdag beskou nie, het Kathleen Richards, ’n polisiewoordvoerder van Henderson, gesê.

Volgens die hospitaalwoordvoerder, Gretchen Papez, het ’n vrou vroeg in haar swangerskap ’n miskraam gehad. Toe sy by die hospitaal opdaag, was die tweeling se lyke reeds in linne toegedraai. Gretchen sê hospitaalbeamptes probeer nou vasstel hoe die fout begaan is.

Sy sê beamptes het die familie gekontak nadat die lyke aan die hospitaal terugbesorg is.

- Sapa