Iemand soos Paris Hilton het wraggies nie nodig om nog ’n nose job te kry nie, maar in die geval van die renosterkoei Hope is dit broodnodig.

[caption id="attachment_124864" align="alignnone" width="600"]Die 12-jarige renoster Hope se horings is verlede jaar in die Oos-Kaap gestroop. Foto: Verskaf Die 12-jarige renoster Hope se horings is verlede jaar in die Oos-Kaap gestroop. Foto: Verskaf[/caption]

Dié 12-jarige renoster se horings is verlede jaar in die Oos-Kaap gestroop en sy is met ’n neuswond van 1 x 0,5 m gelaat.

“Hope se stropers was nie professioneel nie,” sê Johan.

“Gewoonlik weet stropers presies waar ’n renoster se horing eindig en waar die bo-kaak se been begin, maar dié stropers het in hul onkunde gedink hoe dieper hulle sny, hoe meer horing gaan hulle kry.”

Lees ook: Aantal tiere wêreldwyd styg eerste keer in ? eeu

Volgens Johan probeer hulle gewoonlik die wonde wat deur stropery veroorsaak is, heg deur veselglas oor die wond te plaas en met ortopediese skroewe vas te maak. Johan en sy span is op die oomblik die enigste kundiges ter wêreld wat hierdie prosedure volg en het al sowat 10 renosters so gehelp.

“Ons het dié tegniek oor ’n tydperk van twee jaar verfyn,” sê Johan.

Maar in Hope se geval kan hulle nie hierdie prosedure volg nie omdat die stropers Hope sonder ’n bo-kaakbeen gelos het. “Omdat Hope ’n oop wond het wat tasbaar is vir infeksie, moes ons steriele rekke en hakke gebruik om die wond se rande na mekaar te trek.”

Sedert verlede jaar het Hope al 10 soortgelyke operasies ondergaan om die wond te probeer genees. “ ’n Lang pad lê voor en dit sal omtrent nog ’n jaar duur vir haar om volkome te herstel.

Lees ook: Renoster wat stroping oorleef, skenk geboorte

“As ons die wond nou met 1 cm kan verklein, is dit reeds ’n goeie stap vorentoe.”

Volgens Johan sal Hope steeds kalfies kan kry. “Sy kan eintlik klaar kalfies kry, maar renosters hanteer mekaar van nature rof wanneer hulle sosialiseer.

“Ons het haar boma oopgehou sodat sy saam met die ander renosters kan sosialiseer, maar kon sien sy is skaam en versigtig. Die wond moet baie seer wees en sy het dadelik weer terug na die boma toe gegaan.”

Johan sê Hope sterk nou aan op ’n plaas in Bela-Bela.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Callie en Monique Strydom se paadjies skei ná 30 jaar

Beeldskone Elizabeth Hurley rits rond in Afrika en deel foto’s van haar avonture!

Kyk: Bobby bult sy spiere en maak saam sus Karlien ’n verskil in behoeftige kinders se lewe

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!

‘Ek het niks oorgehad nie’: SA-man vertel roerend van sy 35 jaar lange stryd met dwelms