Die een reeks toets jou vernuf agter die kookpotte; die ander kyk of jy kan skitter met ’n mikrofoon in die hand.

Idols SA se oudisies vir hoopvolle nagtegale vind op die volgende datums plaas:

Johannesburg: Saterdag 15 Februarie in Carnival City

Durban: Woensdag 26 Februarie in die Playhouse-teater

Kaapstad: Sondag 9 Maart in GrandWest Casino

Pretoria: Saterdag 22 Maart in die Staatsteater

Hou HIER dop vir nog inligting.

As jy ’n amateurkok is wat graag wil wys hoe jy in ’n Masterchef-voorskoot kan uitblink, kan jy op die volgende datums ’n oudisie aflê:

Durban: Saterdag 15 Februarie in die Suncoast Casino

Kaapstad: Saterdag 22 Februarie in die Southern Sun Cullinan-hotel

Johannesburg: Saterdag 1 Maart in die Pivot-konferensiesentrum (in Southern Sun Montecasino)

Gaan kyk hier vir nog besonderhede en antwoorde op enige vrae.