Kaapstad –

Sy moeder het Maandag aan News24 gesê haar seun het nog nooit gevlieg nie en dit is al waaroor hy praat, selfs al het die gesin van Rustenburg nog nie besluit of hulle per motor gaan ry of gaan vlieg nie.
Hy sê: ‘My tollie is siek,’ en dat hy Kaap toe gaan sodat hy in die see kan wees en 'n nuwe een kry, het sy gesê.

“Hy sê: ‘My tollie is siek,’ en dat hy Kaap toe gaan sodat hy in die see kan wees en 'n nuwe een kry,” het sy gesê.

Hy is dol oor die denkbeeldige superheld Spider-Man en dra dikwels die kinderweergawe van die superheld se kostuum. Sy Spider-Man- speelding, sowel as sy sewejarige broer en sy ouers, sal hom vergesel op die reis.

Die seuntjie is gebore met ’n seldsame afwyking, genaamd epispadias. Sy urinebuise het nie ten volle ontwikkel nie; dus moes hy urine uitskei deur middel van ’n gaatjie in sy lies.

Die seuntjie kan nou, ná talle operasies, deur ’n spesiaal ingeplante buis urineer, maar die buis breek dikwels en dit lei tot ernstige blaasontsteking.

“Hy het vandeesmaand reeds twee keer infeksie gehad en hy is allergies vir die antibiotikum wat hulle hom gegee het. Hy noem homself ‘Kolletjies’, want daar is klein kolletjies oor sy hele liggaam.

“Hy het in hierdie stadium ’n operasie en konstruksie aan sy blaas nodig en daar moet ’n nuwe buis ingeplant word.”

Sy uroloog in Pretoria het hom verwys na dr. John Lazarus, pediatriese uroloog by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad.

John is gereed om ’n plan op te stel nadat die seuntjie einde volgende maand in Kaapstad aangekom het en 'n aantal toetse ondergaan het. Sy moeder was ook in aanraking met prof. André van der Merwe, die uroloog van die Universiteit Stellenbosch wat vroeër vanjaar die eerste suksesvolle penisoorplanting ter wêreld uitgevoer het.

Die seuntjie se moeder sê sy stel die kind dikwels gerus.

“Ons het hom nie vertel dat hy nie in hierdie stadium normaal is nie. Ek wil nie hê hy moet voel daar skort iets nie. ”

Baie mense het, nadat hulle van haar seuntjie se omstandighede op News24 gelees het, aangebied om geld te skenk. Die moeder sê sy is bewus van die aanbiedings, maar sy probeer hul geldsake reël, aangesien skenkings nie gewaarborg is nie.

Sy het wel ’n prokureur genader, en hy het haar aangeraai om ’n bankrekening in haar seun se naam te open en om die volmag aan ’n derde party te gee.

News24