[caption id="attachment_132859" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf / Van links: Gordan, Dr Venter & Nandi Foto: Verskaf / Van links: Gordan, Dr Venter & Nandi[/caption]

Marisse en haar span het in 2015 borsverkleinings op drie gestremde en minder bevoorregte meisies van die Casa do Sol-skool gedoen. Die skool streef daarna om dit vir sy leerders makliker te maak om later deel van die samelewing te word.

[caption id="attachment_132854" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf / Dr Marisse Venter & Dr M. Smith Foto: Verskaf / Dr Marisse Venter & Dr M. Smith[/caption]

Dit was met hierdie idee in gedagte dat die adjunkskoolhoof, Jenny Drew, met Marisse in aanraking gekom het nadat sy gelees het sy en haar span voer plastiese chirurgie sonder vergoeding uit op sekere pasiënte wat dit nodig het.

Marisse praktiseer in die Breast Care Centre by die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg, waar sy en haar span in Desember die drie meisies vrywillig en sonder vergoeding gehelp het.

[caption id="attachment_132857" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf / Dr Venter, Gordan & Nandi Foto: Verskaf / Dr Venter, Gordan & Nandi[/caption]

“Borsverkleining word gedoen om die grootte, gewig, fermheid en vorm van die borste te verander,” verduidelik Marisse. Nie net hou te groot borste fisiese nadele vir jou in nie, maar het ook ’n impak op jou geestesgesondheid.

Sy sê borsoperasies is nie veronderstel om ’n luuksheid te wees nie en in die geval van die drie jong meisies was dit ’n noodsaaklikheid. Hulle kan nou beter met hul gestremdheid daaglikse takies en persoonlike sorg verrig.

Die meisies, wat reeds ’n agterstand gehad het wat liggaamlike aktiwiteite betref, kon nie aan die skool se aktiwiteite deelneem nie, sê Marisse.

Lees ook: Groot borste maak haar lewe hel

Ná ’n konsultasie en intensiewe evaluasie en navorsing het die meisies die operasie ondergaan. “Om ’n borsverkleining te kry gee jou meer vryheid in jou bewegings,” verduidelik sy.

“Voor die operasies was hulle in die verleentheid om voor ander meisies by die skool aan te trek.”

“Hul borste het nie meer ’n negatiewe impak op hulle sielkundige welstand nie; dit het nou hul selfvertroue en sosiale interaksie verbeter.”

Marisse is iemand “met ’n groot hart”, verduidelik haar kollega Storm Bentley. En hoewel sy in rekonstruktiewe chirurgie by kankerpasiënte spesialiseer, doen sy meer as wat van haar verwag word en hoop sy om ’n verskil in meer mense se lewe te maak.

[caption id="attachment_132860" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf / Dr Venter & Gordan Foto: Verskaf / Dr Venter & Gordan[/caption]

Kandidate en pasiënte kan slegs ’n konsultasie reël as hulle nie ’n mediese fonds het nie. Sodra Marisse en haar span die kandidaat evalueer, word ’n aansoekvorm ingevul wat dan by die raad by Netcare ingedien word.

Die raad bepaal of die operasie gedoen kan word of nie.

Kriteria:

  1. Manlike en vroulike pasiënte sonder ’n mediese fonds is geskik as dokters bevestig dat hulle die toestand kan verbeter. Hier is die toestande wat geldig is:
  2. Die pasiënt mag nie lid van ’n mediese fonds wees nie.

    - pasiënte met oorgroot borste, asimmetriese of abnormale misvormde borste;

    - manlike pasiënte met borsweefsel;

    - pasiënte wat oorgroote borste, ’n groot buik, rug- en nekknoppe en vet verlies in die gesig ervaar het weens MIV behandeling;

    - pasiënte met gesigsabnormaliteite soos letsels en geboortemerke wat chirurgies verwyder kan word; en

    - pasiënte met oor- of neusabnormaliteite wat met chirurgie reggestel kan word.

Lees ook: Juffrou deel foto’s van borsvergroting met leerders

Marisse doen hierdie operasies om bewusmaking in gemeenskappe mee te bring. Sy en haar span hoop om die niewinsgewende diens uit te brei.

Die span bied weer hul mediese dienste gratis aan en is op soek na kandidate wat aan al die kriteria voldoen.

*As jy iemand ken wat nie die mediese koste van ’n rekonstruktiewe operasie kan bekostig nie, kan jy met haar assistent, Storm Bentley, in verbinding tree by stormbentley3@gmail.com vir nog inligting.