A post shared by Natalya (@kozhinanatalya) on

Die Mamma Mia!-ster se prokureurs voer die saak verder.

Naakfoto’s van die Mamma Mia!-ster saam met ’n ekskêrel het op Celeb Jihad verskyn en die ster se regspan het geëis dat dit dadelik verwyder word. Hulle voer aan ’n derde party het die privaat foto’s onwettig verkry en sonder Amanda se toestemming op die webtuiste uitgelek, berig TMZ. Haar prokureurs het die webtuiste se base ook aangesê om enige bewyse te bewaar wat met die uitlekking verband hou. Emma Watson se prokureurs het ook die webtuiste se eienaars gemaan om nie die gesteelde privaat foto’s van ’n aanpassessie saam met ’n stilis te publiseer nie. Krakers het glo dié foto’s van die Harry Potter-ster se persoonlike rekenaar gehaal en aanlyn geplaas. Dit het die 26-jarige se verteenwoordiger genoop om haar aanhangers te verseker Emma verskyn op geen van die foto’s naak nie, ondanks berigte wat die teendeel beweer.

A post shared by Lost In A Book ? (@lilbastard93) on

“Foto’s van ’n aanpassessie wat Emma ’n paar jaar gelede saam met ’n stilis gehad het, is gesteel,” het ’n woordvoerder gesê. “Dit is nie naakfoto’s nie. Prokureurs is opdrag gegee en ons lewer nie verder kommentaar nie.” Die foto’s van Amanda is ontydig vir die aktrise wat tans gereed maak om vir die eerste keer ma te word. Sy het in September aan Thomas Sadoski verloof geraak en die twee het die babanuus in November bekend gemaak toe Amanda haar babamagie die eerste keer op ’n rooitapytgeleentheid van Givenchy wys.

Die skandaal sal waarskynlik nie haar akteurverloofde ontstel wat onlangs in ’n televisieonderhoud die amper-mamma se lof besing het nie.

“Ek wy baie van my tyd daaraan om te kyk na die boepie wat groei terwyl ek net dink en kyk en praat met daardie kind en sê: ‘Jy het geen idee hoe gelukkig jy is om so ’n ma te hê nie.’ ” het hy aan Harry Connick jr. gesê. “Sy is ongelooflik. Ek kon nie trotser gewees het op wie sy reeds as ma is nie.”

Die paartjie beplan nou ’n troue sonder ophef.

© Cover Media