Die polisie se snuffelhonde het ná 14:00 by die hof aangekom en almal is gevra om die gebou te verlaat.

Radovan, geklee in ’n wit t-hemp en met swaar kettings geboei, het hom vroeër die dag self verteenwoordig. Hy het regter Colin Lamont gevra om hom aan die saak te onttrek en gesê dat die regter onder meer bevooroordeeld en oneerlik is. Nadat Radovan geen bewyse hiervan kon gee nie, het die regter hierdie aansoek ter syde gestel.

Lees ook: ‘Jy is oneerlik,’ sê Radovan Krejcír aan regter

Radovan wou ook uitstel vir sy saak gehad het – ’n versoek wat die regter ook nie toegegee het nie.

In Augustus 2015 is Radovan skuldig bevind aan poging tot moord, ontvoerting en dwelmhandel. Hy was betrokke by die ontvoering en marteling van Bheki Lukhele, wie se broer, Doctor, na bewering met 25kg van die dwelm tik, wat aan Radovan behoort het, verdwyn het.

Doctor het vir die vragvervoermaatskappy by die OR Tambo internasionale lughawe gewerk en Radovan wou gehad het hy moes hom help om dwelms landuit te smokkel.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Rooibos se ‘ma’, dr. Annique Theron, sterf in die ouderdom van 86

Kyk: Oorstelpte vrou en haar hondekind ná maande lange soektog herenig

Kyk: Joost sê dankie vir lesers se pragtige boodskappe met spesiale foto van hom en sy kinders

Bekoorlike ‘Cabbage Patch Kids’ keer terug