Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, het na bewering die naweek ’n vrou aangerand.

“Die saak is geopen en nou moet die reg sy gang gaan,” het Vuyo Mhaga, woordvoerder, Maandag aan News24 gesê. 

Die voorval het vroeg Sondagoggend in die klub Cubana in Fourways, Johannesburg, plaasgevind, volgens ooggetuies se weergawes in die sosiale media.

’n Plasing in die sosiale media toon foto’s van die beserings wat Mandisa Duma in die aanranding opgedoen het.

Manana het na bewering ook in Julie ’n vrou in Ermelo, Gauteng aangerand.

Die adjunkminister se kantoor kon nie Sondagaand of vroeg Maandagoggend vir kommentaar bereik word nie. 

Die bestuurder van die klub wou ook nie in dié stadium kommentaar lewer nie.

In ’n plasing deur die SAUK-verslaggewer Lumko Jimlongo word gesê die voorval het gebeur toe die vrou Manana gay genoem het. In ’n ander plasing word gesê die voorval het plaasgevind in ’n debat oor die ANC se leierskap. 

’n Stemopname van wat klink soos ’n foonoproep met Manana het ook in die sosiale media opgeduik. 

Die ANC-vroueliga het Maandagoggend in ’n verklaring gesê hulle neem kennis van die “ontstellende berigte waarin beweer word die adjunkminister en sy vriende het ’n vrou die afgelope naweek in ’n kroeg fisiek aangerand”.

“Die vroueliga veroordeel geweld teen vroue, en oortreders moet voor die mag van die reg te staan kom. Terwyl ons die beginsel in berekening bring dat ’n mens onskuldig is tot jy skuldig bewys word, is die vroueliga onverskrokke in die ondersteuning van die slagoffers van geweld. 

“Op grond van mediaberigte verstaan ons ’n saak is by die polisie ingedien en ons vra alle getuies om na vore te kom om die beamptes te help om die saak op te los.”

Manana het intussen in die sosiale media verskoning gevra.

Die voorval het glo gebeur toe die vrou Manana gay genoem het.

In ’n plasing deur die SAUK-verslaggewer Lumko Jimlongo word gesê die voorval het gebeur toe die vrou Manana gay genoem het. In ’n ander plasing word gesê die voorval het plaasgevind in ’n debat oor die ANC se leierskap. 

’n Stemopname van wat klink soos ’n foonoproep met Manana het ook in die sosiale media opgeduik. 

Die vroueliga veroordeel geweld teen vroue, en oortreders moet voor die mag van die reg te staan kom.

Die ANC-vroueliga het Maandagoggend in ’n verklaring gesê hulle neem kennis van die “ontstellende berigte waarin beweer word die adjunkminister en sy vriende het ’n vrou die afgelope naweek in ’n kroeg fisiek aangerand”.

Terwyl ons die beginsel in berekening bring dat ’n mens onskuldig is tot jy skuldig bewys word, is die vroueliga onverskrokke in die ondersteuning van die slagoffers van geweld.

“Die vroueliga veroordeel geweld teen vroue, en oortreders moet voor die mag van die reg te staan kom. Terwyl ons die beginsel in berekening bring dat ’n mens onskuldig is tot jy skuldig bewys word, is die vroueliga onverskrokke in die ondersteuning van die slagoffers van geweld. 

“Op grond van mediaberigte verstaan ons ’n saak is by die polisie ingedien en ons vra alle getuies om na vore te kom om die beamptes te help om die saak op te los.”

Manana het intussen in die sosiale media verskoning gevra.

Is jy 'n slagoffer van geweld teen vroue en kinders?

Hierdie organisasies kan jou help:

  • FAMSA (landwyd): Bel 011 975 7101, e-pos national@famsa.org.za of gaan na www.famsa.org.za vir inligting en hulp.
  • Lifeline (24-uur): 0861 322 322.
  • POWA (People Opposing Women Abuse):083 765 1235 of gaan na www.powa.co.za vir meer inligting en hulp.
  • Legal Aid South Africa: 0861 053 425 of besoek www.legal-aid.co.za vir bystand
  • Rape Crisis: 011 642 4345/ 021 447 9762.
  • SA Polisie-noodnommer: 10111