’n Skoolhoof van Texas het sy eie lewe geneem kort nadat hy vroeër vandeesweek sy bedankingsbrief aan distriksbeamptes oorhandig het. Dennis Reeves, ’n pa van twee, het homself glo Dinsdagmiddag omstreeks 16:35 geskiet terwyl hy in sy voertuig in die parkeerterrein van die Hoërskool Kirbyville, noordoos van Houston, gesit het.  

Dit is nog ’n raaisel waarom hy sy eie lewe geneem het. Wat sover bekend is, is dat hy ’n uur vroeër ’n vergadering met ’n distriksuperintendent gehad het om hom in te lig dat hy bedank. Ná die vergadering is hy terug na sy voertuig, waar hy homself geskiet het, berig Daily Mail.

Tommy Wallis, die superintendent aan wie Reeves sy bedankingsbrief gegee het, het die polisie geskakel toe hy sien Reeves sit ná ’n uur nog in sy voertuig, berig New York Post.

Die superintendent en assistent-superintendent was die enigste mense op die skoolperseel toe Reeves se lyk ontdek is. Die Kirbyville-polisie het Reeves net ná vyfuur die middag dood in sy bakkie aangetref met sy voet op die rempedaal. Die enjin was ook nog aan. Reeves se .380-kaliber semi-outomatiese vuurwapen was ook byderhand.  

Wallis en talle ander het op Facebook hulde gebring aan Reeves.  
 
C/center>
   
 
   

New York Post berig ook die polisie het geen nota of enige teken gekry dat Reeves sy lewe wou neem nie.

Bronne: New York Post,Dallas News, Daily Mail