Dit lyk of Honey Boo Boo die volgende voor die hand liggende stap in haar loopbaan geneem het.

Noudat haar werklikheidsprogram gestaak is, diversifiseer sy na musiek.

Die voormalige ster van Toddlers & Tiaras, wie se regte naam Alana Thompson is, het haar eerste liedjie, Movin’ Up, uitgereik – kompleet met sy eie musiekvideo.

Natuurlik is die hele gesin betrokke. Haar ma, “Mama June”, en pa, “Sugar Bear”, het kameerolle in die musiekvideo terwyl haar 16-jarige suster Pumpkin (Lauryn Shannon) saamkweel.

Waarskuwing: die volgende kan steurend vir sensitiewe ore wees.