Hierdie foto’s wys ’n spinnekop wat so groot soos ’n klein hond is en giftande van 5 cm lank het.

Piotr was in ’n Suid-Amerikaanse reënwoud toe hy ’n geluid hoor. Hy het ’n rot verwag, maar was stomgeslaan toe hy dié bielie sien.

Dit was die Suid-Amerikaanse Goliat-voëlvreter – die grootste spinnekop ter wêreld.

Die spinnekop het se bene kan tot 30 cm span, so lank soos ’n kind se voorarm.

Dit kan ook tot 170 g weeg en het giftande van 5 cm lank. Dit behoort tot die tarantula-familie.

Sy giftande kan deur ’n mens se vel byt, maar dit is soortgelyk aan die steek van ’n perdeby.

Ten spyte van sy naam eet die spinnekop gewoonlik nie voëls nie; dit verkies gewoonlik knaagdiere, paddas, akkedisse en slange.

Bronne: Huffington Post, The Mirror, Naskrecki.smugmug.com