Nadat Kelly Black (42) Vrydag ongeveer ses-uur die oggend deur 'n trok omgery is, het haar getroue hond, Paco, geweier om haar sy te verlaat. Kelly was besig om met Paco te gaan stap in haar tuisdorp Jacksonville in die Amerikaanse deelstaat Florida toe die trok haar tref.

'n Plaaslike nuusagentskap, Tucson News Now, het geskryf Paco het by Kelly gebly terwyl sy doodgegaan het. Selfs toe die polisie opdaag en na Kelly se liggaam omsien, het Paco geweier om haar sy te verlaat.

Kelly se liggaam is etlike meters deur die trok gesleep. 'n Polisiewoordvoerder het gesĂȘ dis onduidelik of die trokdrywer besef het hy tref vir Kelly, want hy het nie stilgehou nie.

Na Kelly se liggaam verwyder is, het Paco steeds op die toneel bly rondhang. 'n Weldoener het hom uiteindelik met Kelly se gesin herenig.

Die trokdrywer is nog soek en die polisie hoop nou ooggetuies kom na vore.

Buiten Paco het Kelly nog 'n hond gehad. "Hulle gaan nou baie hartseer wees omdat hulle mamma nie meer by hulle is nie," het Kelly se eie ma, Pat Johnson, gesĂȘ.

Bronne: Buzzfeed; The Dodo