, het die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn (IFAW) Maandag gesê.

In Mei het die departement van handel en nywerheid ’n nuwe konsepwetsontwerp op nasionale dobbelnorme en -standaarde in die staatskoerant afgekondig, sê Cora Bailey, IFAW Suidelike Afrika se raadgewer oor metgeseldiere.

Die wetsontwerp bevat hondewedrenne as deel van ’n voorgestelde reeks dobbelaktiwiteite.

“Wat kon moontlik verander het sedert 2011, toe die departement afgesien het van die idee van windhondwedrenne?” vra Cora.

“Toe, en ten spyte van ’n reuse veldtog deur die pro-wedrengemeenskap, het hulle positief gereageer op oorweldigende bewyse van die wreedheid en bekommernisse oor welstand wat met hondegevegte verband hou.

“Om nie eens te praat van die geldelike gevolge vir dobbelaars nie.”

Sy sê sedert daardie tyd het niks verander rakende die welstand van honde in agtergeblewe gemeenskappe of vir die mense by wie hulle bly nie.

“Dis nie net die honde wat ly nie, maar die geldelike situasie vir mense in hierdie gemeenskappe is aaklig en sal net erger word as windhondwedrenne goedgekeur word.”

Dit was omdat dit sou lei tot onwettige wedrenne en ongeoorloofde dobbelary.

Die IFAW meen die wettiging van windhondwedrenne sal net ’n dierewelsynskrisis in die land vererger wat reeds buite beheer is.

Die organisasie het hul bekommernisse by die regering ingedien.

Jason Bell, die direkteur van IFAW Suidelike Afrika, sê: “Die feit is dat die Suid-Afrikaanse owerheid nie die wette of die mannekrag het om onwettige aktiwiteite soos hondegevegte en hondjiefabrieke te bestuur nie.”

Sulke take word oorgelaat aan dierewelsynsorganisasies sonder winsbejag, wat reeds oorweldig is, en onder hierdie omstandighede is dit onverklaarbaar hoe die regering dit eens sou kon oorweeg om windhondwedrenne te wettig.

Die herinstelling van windhondwedrenne onder die swak ekonomiese toestande wat baie Suid-Afrikaners raak, sal daartoe lei dat die honde as wegdoenbare goedere beskou kan word.

- Sapa